Ons Storie
Ons storie begin op hoërskool… in Graad 8, toe ons mekaar die eerste keer raakgesien het. Ons was nog jonk, besig om onsself en die wêreld te leer ken, sonder om te weet wat die toekoms vir ons inhou.
In Graad 9 het alles begin verander, van daardie oomblik af het ons ’n pad begin stap wat ons vandag nog saam loop. Ons het saam grootgeword deur skooldae, eksamens, drome en al die klein en groot oomblikke tussenin. Ons het mekaar leer ken op die dae wat maklik was, maar dae wat ook moeilik was.
Deur dit alles het ons geleer hoe om mekaar te ondersteun, lief te hê en altyd weer na mekaar toe terug te kom. Wat ons verhouding vir ons so besonders maak, is nie hoe lank ons saam is nie, maar ons liefde wat oor tyd gegroei het, dit het sterker geword met elke fase van ons lewens.
En nou begin die mooiste hoofstuk van ons storie.